Cell: +27 83 751 0502       sales@panmill.co.za       .
Meer oor ons
Die Pan Mill is `n veeldoelige sny-en maalmasjien, is sterk gebou, vriendelik en veilig en maak min stof!

Goedkoopste lopende koste per kg hammermeul.
Ons Storie 
Die Pan Mill is deur ‘n Suid Afrikaner, Brian Mc Grath, ontwerp.  
Die idee van die masjien is gebore uit die behoefte om op ‘n meer eenvoudige wyse te boer. Om voedsel vir sy plaas diere te maal het ‘n veeleisende taak geword. Die hammermeul wat toe beskikbaar was, was nie geskik vir die klein boer nie. Hy het toe sy inisiatief en uitvindingsvermoeë ingespan om ‘n eenvoudiger, koste effektiewe masjien te ontwikkel wat met elektrisiteit of petrol werk.  
 
Na 2 jaar van speel met verskillende ontwerpe, lemme (nie hammers) en siwwe kon hy uiteindelik hierdie effektiewe masjien bou. Dit is ontwerp vir produksie doeltreffendheid en om met die minimum mannekrag bedryf te word. Dit is ideal om net die regte hoeveelheid voedsel vir jou diere te maal.  
 
Die Pan Mill 3000 was die eerste masjien en het oor die jare die meeste verandering ondergaan. Dit het van vorm verander, van motor verander. Selfs die kleur het van blou en geel na slegs geel verander. Die kleur verandering is teweeg gebring sodat stof nie so maklik wys op die masjien. Onlanks het die naam verander van die modelle van PlaasJapie na Pan Mill 3000 en van Landman na Pan Mill 4000. Na baie navraag vir ‘n groter masjien vir die groter boerdery, is die drie fase model vergroot en word nou die Pan Mill 5000 genoem.  
 

MODEL EN PRYSE
Pan Mill 3000
Is 'n enkel fase model met 'n 3 Kw elektriese motor
Pan Mill 5000 Plus
Is 'n 3 Fase model met 'n 5Kw industriele elektriese motor 
Alfie model
Die Alfie is n petrol model
Ander Bybehore en pryslys 
Produksie
Die volgende word nie aanbeveel nie: kuilvoer, riete, suikerriet, dagga.  
 
Gebruik ook vir gras, strooi, boontjie hooi, grondboontjie reste, mielie reste ens.  
3mm Sif : Hoenderkos (chick-chick)80% melerig & 20% fyn mieliegrys +/-500 – 600 Kg per uur  
8mm Sif : Gebreekte mielies (crush)80% grof en 20% fyner +/- 1000 – 1200 Kg per uur  
14mm sif : Lusern, hooi, gras, graan ens +/- 10 – 15 bale per uur  
25mm sif: Lusern, hooi, gras, graan, mielie stronke +/- 3 minute (Enkel fase), 40 sekondes (3 fase) per Lusern baal
Voordele & Eienskappe
VOORDELE
  • Die Pan Mill is 'n veeldoellige sny-en maalmasjien, maklik om te gebruik, veilig en maak min stof.  
  • Die Pan Mill kan ‘n effektiewe en lae koste oplossing wees vir die boer of enige ander gebruiker wat waarde aan sy onderneming wil toevoeg.  
  • Die Pan Mill is ontwerp met lae kapitaal en bedryfskoste in gedagte. 
  • Geen groot trekkers of groot elektriese motors word benodig nie, minimale onderhoud, vinniger verwerkings tye.  
  • Vir ‘n minimale investering kan ‘n hoë uitset verkry word in terme van geldelike voordele as gebruik word as ‘n inkomste genererende bate.  
  • Onderdele is bekostigbaar en maklik bekombaar en is maklik om te vervang.  
  • Alhoewel die Pan Mill ontwerp is vir die verwerking van dierevoedsel word dit ook gebruik vir die verwerking van verskillende produkte vir menslike gebruik.  
  • Dit word gebruik vir die fynmaak van:  
    • chemikalië,  
    • kruie en speserye,  
    • mieliemeel,  
    • “superbind” vir polonies,  
    • hoodia,  
    • droë alwyn- en truksvyblare en kruietee.  
  • Die Pan Mill kan gebruik word om enige van die volgende te maal:  
    • alle DROË graan,  
    • lusern,  
    • Hooi en strooi,  
    • mieliereste ens.
EIENSKAPPE
  • Die Pan Mill word in ‘n fabriek vervaardig en is “powder coated”.  
  • Die Pan Mill werk met `n horisontale sny meganisme wat ‘n sterk wind veroorsaak.  
  • Verskillende siwwe word vir verskillende produkte gebruik vir verskillende eindprodukte.  
  • Twee vlerkmoere word gebruik om die siwwe mee vas te trek, vergemaklik die omruil daarvan.  
  • Vervangbare parte is  
    • die lemme (wat skerp gemaak kan word), die boute en moere moet saam met lemme vervang word, 
    • en siwwe.  
  • Die enigste vereiste is dat die produk droog moet wees, sodat die siwwe nie verstop nie.  
  • Een persooon kan die Pan Mill bedryf.  
  • Twee / vier sakke word gelyktydig gevul afhangende van die model  
  • ‘n Awegaar voerder kan gebruik word om produkte mee in te voer indien so verkies
KONTAK INFORMASIE 

Kontak Besonderhede

Brian Mc Grath:  
Foon: +27 83 751 0502  
 
Renée Mc Grath  
Werk: +27 13 243 5500  
+27 87 805 9994

sales@panmill.co.za


Kontak Besonderhede

Winkel 1, Panorama Gebou  
23a Walter Sisulu Straat  
Middelburg Mpumalanga  
1050 Suid Afrika


©2016 - OPENELEMENT. TEMPLATE directed by  SENSODE

Getuigskrifte & Toekennings